Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 11 Desember 2018
Hier is tans 67 877 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Lukurgos Raadpleeg die Pitia (1835/1845), deur Eugène Delacroix.

Die Pitia of Putia (Grieks: Πῡθίᾱ) was die naam van die hoëpriesteres van die Tempel van Apollo by Delphi wat ook gedien het as die orakel. Sy was algemeen bekend as die Orakel van Delphi.

Die naam "Pitia" is afgelei van Pito, wat volgens mites die oorspronklike naam van Delphi is. Die pleknaam is in Grieks afgelei van πύθειν, "om te vrot", wat verwys na die sieklike soet reuk weens die ontbinding van die liggaam van die reusagtige Piton nadat dit deur Apollo doodgemaak is.

Die Pitia het op die laatste in die 8ste eeu v.C. ontstaan en was bekend vir haar profesieë danksy die feit dat sy vervul was met die gees van die god, in dié geval Apollo. Die Pitiese priesteres het teen die einde van die 7de eeu v.C. belangrik geword en is tot in die 4de eeu n.C. geraadpleeg. In dié tyd was die Orakel van Delphi die orakel met die grootste aansien en gesag onder die Grieke, en sy was die magtigste vrou van die klassieke wêreld. Die orakel is een van die bes gedokumenteerde godsdiensinstellings van die klassieke Grieke. Skrywers wat haar genoem het, sluit in Aischylos, Aristoteles, Clemens van Alexandrië, Diodorus, Euripides, Herodotos, Ovidius, Plato, Plutarchus, Sophokles, Strabo en Thukydides.

Min besonderhede bestaan egter oor hoe die Pitia te werk gegaan het, omdat skrywers van die antieke tyd (6de tot 4de eeu v.C.) die proses as algemene kennis hanteer en dus onnodig geag het om te verduidelik. Dié wat haar enigsins in detail bespreek het, was uit die 1ste tot 4de eeu n.C. en hul weergawes verskil. Volgens een van die mees algemene weergawes het die Pitia haar orakels gelewer in ’n waansinnige toestand wat veroorsaak is deur walms wat uit ’n spleet in ’n rots gekom het en het sy ’n brabbeltaal gepraat wat die priesters vertolk het as enigmatiese profesieë. Hulle het dit dan in poëtiese daktiliese heksameters omgesit wat in die Griekse letterkunde bewaar gebly het. Dié idee is egter teengestaan deur geleerdes soos Joseph Fontenrose en Lisa Maurizio, wat gemeen het al die antieke bronne noem dat die Pitia verstaanbaar en in haar eie stem gepraat het. Herodotos het in die 5de eeu v.C. vertel die Pitia praat in daktiliese heksameters.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
George H.W. Bush in 1989

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.

...dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

11 Desember:

Apollo 17 Kentekens


Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Die sondebok, skildery deur William Holman Hunt (1827–1910), 1854.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering