Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 355 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 65 958. Dus verskyn een uit elke 185 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

Samuel Cronwright, Maart 1900.

Samuel Cron Cronwright (distrik Bedford, Oos-Kaap, 26 Januarie 1863Rondebosch, 8 of 9 September 1936) was 'n Suid-Afrikaanse openbare figuur, boer, prokureur, sakeman, politikus en 'n biograaf van sy eerste vrou, Olive Schreiner, wie se van hy van hul huwelik in Februarie 1894 tot vier jaar ná haar dood in 1920 deel van syne gemaak het toe hy bekendgestaan het as Samuel Cron Cronwright-Schreiner. Dit was destyds selfs meer ongewoon as vandag, maar hy het dit op haar versoek gedoen omdat hy haar oortuigings oor vroueregte en die bevryding van die vrou gedeel het.

Cronwright het met die jare 'n omstrede figuur geword weens sy biografie oor sy vrou, The life of Olive Schreiner (1924), en veral weens die wyse waarop hy haar briewe uitgekies, geredigeer en gesny het voor hy dit gepubliseer het asook die publikasie van sommige van haar werke wat sy uitdruklik in haar testament gevra het nie gepubliseer moet word nie. Hy is ook al daarvan beskuldig dat hy geen begrip vir sy vrou se genialiteit gehad het nie. Hy word beskryf as 'n gevoelsmens, pleks van 'n letterkundige, en hoewel hy intelligent was en heelwat werke uit sy pen verskyn het, word hy selde enigsins as 'n skrywer beskou, veral nie een met meriete nie. Sy benadering tot sy vrou se geskrifte word ook as "fantasieloos" beskryf omdat hy deurentyd feite van versinsels wou skei, iets waarop sy nooit gesteld was nie.

Tog het hy veral in die eerste jare van hul getroude lewe feitlik alles opgeoffer ter bevordering van haar skrywersloopbaan en altyd getrou aan haar gebly. Dit het dan ook 'n tyd lank geblyk dat hy bestendigheid in haar lewe sou kon bring, veral toe die sekerheid van moederskap meer aantreklikheid aan die huwelik verleen het. Tog, toe sy dit ná skaars 'n jaar op sy huurplaas, Krantz Plaats in die distrik Cradock, nie meer kon uithou nie weens haar gedurige asma-aanvalle en omdat sy stilte en afsondering wou hê terwyl die plaas gewemel het van die werkmense, het hy die boerdery prysgegee wat hy eiehandig oor nege jaar opgebou het sodat hulle elders kon gaan woon. Verskeie kritici het met die jare aan die hand gedoen dat haar asma, wat sy aangegee het as die vernaamste rede vir haar rusteloosheid, deur haarself veroorsaak is en die gevolg was van 'n diep gesetelde emosionele onbestendigheid. Niemand twyfel egter daaraan dat die liggaamlike lyding wat sy gevolglik moes verduur, eg was nie.

Toe sy kort ná hul vertrek van die plaas daarop aandring om op Kimberley te gaan woon pleks van op 'n huurplaas waar Cronwright steeds die enigste beroep sou kon beoefen wat hy geken het, moes hy dit laat vaar om aan haar wens gehoor te gee. Enkele jare later, toe hy hom in Johannesburg byna as 'n prokureur bekwaam het, moes hy weereens verhuis weens haar gesondheid. Volgens Schreiner se biograaf Vera Buchanan-Gould was Olive met al haar eienaardighede teen omstreeks 1910 ’n las vir Cronwright en beweer sy dat hy indertyd nie meer veel selfopofferende toewyding getoon het nie en selfs dat hy, wat die eerste man op De Aar was wat ’n motorkar besit het, so suinig was dat hy geweier het om haar te trakteer op ritte in sy motor en dat sy net toegelaat is om dit uit die verte te bewonder. Nog ’n biograaf, Johannes Meintjes, voer egter aan dat hy, hoewel hy hard aan sy onderneming gewerk het, nie ’n probleem met haar talle eksentrisiteite gehad het nie, dat dit hom net nog liewer vir haar gemaak het en hoewel sy kwaai druk op sy senuwees moes geplaas het, hy haar steeds met die grootse geduld versorg het.

Biograwe verskil oor die laaste dekade van hul lewe. Sommige beweer die egpaar het ál meer van mekaar verwyderd geraak totdat hulle van omstreeks 1913 af tot haar dood in 1920 so te sê vervreemd was. Volgens hulle het die twee eers tydens die laaste maand van haar lewe (in Londen) versoen geraak voordat sy na haar vaderland teruggekeer het om daar te sterf. Meintjes skryf egter dat hulle voortdurend liefdesbriewe aanmekaar geskryf het en opreg na mekaar verlang het toe hulle, weens die Eerste Wêreldoorlog, noodgedwonge geskei was.

...lees verder
Wapen van Glasgow, Skotland.

Glasgow (Standaardengels: [ˈɡlɑːzɡəʊ], plaaslik: [ˈɡlazɡo]; Skots: Glesga; Skots-Gaelies: Glaschu [ˈkɫ̪as̪əxu]) is die grootste stad in Skotland en die derde mees bevolkte in die Verenigde Koninkryk. Sy bewoners word in Engels Glaswegians of kort Weegies genoem. Die stad is aan die Clyde-rivier in die Westelike Sentrale Laagland van Skotland geleë.

Glasgow het van 'n klein landelike nedersetting teen die Clyde tot een van die grootste seehawens in Groot-Brittanje ontwikkel. Die Middeleeuse biskopsetel, waar later, in die 15de eeu, die Universiteit van Glasgow gestig is, sou uiteindelik 'n beduidende sentrum van die 18de eeuse Skotse Verligting word. Vanaf die 18de eeu was Glasgow een van die belangrikste Britse seehawens vir die transatlantiese handel met Brits-Noord-Amerika en die Britse Wes-Indiese Eilande.

Die Nywerheidsomwenteling het van Glasgow en die omliggende gebiede een van die wêreld se grootste sentrums van swaar nywerhede gemaak waar skeepsbou en mariene ingenieurswese gefloreer het. 'n Groot aantal innovatiewe en beroemde skepe is hier gebou. Gedurende die Victoriaanse en Edwardiaanse tydperk het Glasgow die trotse bynaam "Tweede Stad van die Britse Ryk" gedra. Stadsvaders en inwoners het hulself as burgers in 'n Britse asook 'n imperiale konteks beskou.

Die huidige stadsbeeld is dan ook, ondanks die feit dat groot dele van die argitektoniese erfenis in die afgelope dekades vernietig is, 'n produk van die Victoriaanse en Edwardiaanse periode tussen 1830 en 1912 toe een van die belangrikste en welvarendste metropole ter wêreld teen die Clyde ontstaan het. Die kenmerkendste geboue uit hierdie tyd word tans onder Glasgow se besienswaardighede gereken: die statige marmergebou van die City Chambers op George Square, Gilbert Scott se Universiteitstoring, die heuningkleurige sandsteen-woonhuise in Woodside en hul roosrooi eweknieë in Hyndland getuig van die welvaart van dié periode wat met die demokratiese munisipale hervormings van 1833 ingelui en met die massiewe uitbreiding van stadsgrense in 1912, wat Glasgow se karakter heeltemal sou verander en waardeur dit weer by Birmingham verbygesteek het om nog eens die tweede grootste stad in die Britse Ryk te word, afgesluit is.

In die 19de en vroeë 20ste eeu het Glasgow vinnige bevolkingsgroei ervaar. Hierdie bevolkingsaanwas was slegs vir 'n klein gedeelte aan die insluiting van omliggende nedersettings te danke (die stadsgebied is tussen 1830 en 1912 altesaam elf keer uitgebrei), maar is hoofsaaklik deur toestroming uit ander dele van Skotland en Ierland veroorsaak, waarby hierdie grootskaalse immigrasie selfs die hoë natuurlike bevolkingsaanwas verdwerg het. Die grootste inwonertal ooit is in 1939 met 1 128 473 aangeteken toe Glasgow een van die grootste stede in Europa was.

Die ongekende industriële uitbreiding en bevolkingsaanwas het van Glasgow, wat deur die skrywer Daniel Defoe nog as "die mooiste stad in die Koninkryk" beskryf is, 'n nywerheidsentrum met rokende skoorstene, besoedelde riviere en uitgestrekte krotbuurte, waarin groot dele van die plaaslike werkersklas gehuisves is, gemaak. Ongeag alle sosiale moeilikhede soos misdaad, ellende, omgewingsbesoedeling en epidemiese siektes, wat met die industriële groei gepaard gegaan het, was Glasgowers in hierdie tydperk volgens historiese berigte trots op hul stad wat nie net met Birmingham, Manchester en Liverpool nie, maar selfs met Londen probeer meeding het.

Vandag is Glasgow een van die tien belangrikste finansiële sentrums in Europa waar baie van Skotland se leidende ondernemings gesetel is. Stadvernuwing in die 1960's het omvattende projekte behels waarvolgens baie inwoners in sogenaamde new towns en voorstede hervestig is. Hierdie proses het saam met die verskuiwing van stadsgrense die huidige bevolking van die Stad Glasgow tot sowat 599 650 laat daal. Die gebied van Groter Glasgow huisves tans 'n bevolking van 1,2 miljoen, terwyl in die metropolitaanse gebied en die omliggende dig bevolkte streke met altesaam 2,55 miljoen inwoners 41 persent van Skotland se totale bevolking saamgetrek is.

Glasgow het in 2014 as gasheerstad van die Statebondspele opgetree.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alexandrië - Alpe - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Brasilië - Bredasdorp - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Japan - Johannesburg - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Republiek Masedonië - Réunion - Reykjavik - Rio de Janeiro - Rusland - São Paulo - Senegal - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tahiti - Thailand - Tornado - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Waalse Gewes - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Buffel - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Swangerskap - Tierluislang - Ysbeer


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Apartheid - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boerekrygsgevangenes - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Duitse Demokratiese Republiek - Etruskers - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Khmer-ryk - Kosakke - Koue Oorlog - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Memphis (Egipte) - Middeleeuse kookkuns - Mongoolse Ryk - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Nikolaas II van Rusland - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Palmyra - Perikles - Plinius die ouere - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Helen Suzman - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

Twee Australiese rugbyspelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - All Blacks - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Marie Koopmans-De Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jode in Suid-Afrika - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Mabel Malherbe - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Oosters-Ortodokse Kerk - Paralimpiese Somerspele 2008 - Paryse Metro - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Seksualiteit in antieke Rome - Sider - Sisiliaanse Mafia - Skaak - Slawiese mitologie - Springbokke - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Tafeltennis - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Europa - Vlag van Indië - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Andromeda-sterrestelsel - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mars - Melkweg - Pluto - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Veranderlike ster


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Hardeskyf - Hernubare energie - Kamera - Laser - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.