Portaal:Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search


Flag-map of South Africa.svg
Welkom by die
Suid-Afrika
Portaal
PKruger 1898 VA0952.jpgNelson Mandela-2008.jpgGandhi London 1906.jpgSan tribesman.jpgJan van Riebeeck.jpgMark Shuttleworth NASA.jpgMeganColeman.jpg

Eenheid in Diversiteit
Flag of South Africa
Coat of Arms for South Africa
Map of the South Africa within Africa.

Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit grens in die noorde aan Namibië, Botswana en Zimbabwe, en in die noordooste aan Mosambiek en Swaziland. Lesotho vorm 'n enklawe binne die grense van Suid-Afrika.

Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.

bewerk 

Gekose panorama

'n panorama van die Johannesburg CBD in die oggend die M1 highway.
Credit: Dylan Harbour
Johannesburg CBD in die oggend
bewerk 

Gekose artikel

Konservatorium
Die Universiteit Stellenbosch (US) is 'n Suid-Afrikaanse universiteit, geleë in die Wes-Kaapse Boland.

Die instelling is in 1865 gestig as Openbare Skool, maar word in 1866 herdoop as die Stellenbossche Gymnasium. In 1874 kom die sogenaamde Arts Department van die Stellenbosch Gymnasium tot stand met 'n leerlingtal van 120, en word amptelik as Kollege verklaar in 1881.

Danksy 'n ruim skenking deur mnr Jan Marais van Coetzenburg, wat in sy testament £100 000 vir die hoër onderwys op Stellenbosch nagelaat het, kon die inrigting onafhanklike status as universiteitsinrigting verkry. Die Universiteitswet is in 1916 deur die Unie-parlement aangeneem. Op 2 April 1918 het hierdie wet in werking getree en is die Victoria Kollege deur die Universiteit van Stellenbosch vervang. Die totale getal ingeskrewe studente aan die Kollege in die jaar voor sy verhoging tot Universiteit, het 503 beloop. In dieselfde jaar het die doserende personeel uit 40 lede bestaan, van wie 22 professore en 18 lektore was.

Namate nuwe behoeftes in verband met die opleiding van studente ontstaan het, is daar aan die Universiteit van Stellenbosch nuwe fakulteite en afdelings gestig; vandag beskik die universiteit oor tien fakulteite. Duisende mense het al op Stellenbosch gestudeer en uitgegaan om 'n waardevolle bydrae in die praktyk te lewer. Op talle terreine van die samelewing speel oudstudente van Stellenbosch 'n belangrike rol. Sonder hulle sou Suid-Afrika vandag baie armer gewees het. Vandag word die Universiteit gereken onder die voorste universiteite in die suidelike halfrond en blink dit uit op die terrein van die onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens.

bewerk 

Gekose beeld

Afrikaanse Taalmonument
Credit: Dewet

Die Afrikaanse Taalmonument is 'n monument wat aan die Afrikaanse taal gewy is. Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893.

bewerk 

Gekose biografie

Jan van Riebeeck
Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika.

Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van 'n dokter en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart 1649. Sy sterf in Malakka op 11 Februarie 1665. Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika.

bewerk 

Museums en momumente

bewerk 

Kategorieë


Amptelike simbole van Suid-Afrika

Blom: Boom: Voël: Dier: Vis:
Protea P1010883.JPG Podocarpus latifolius 2c.JPG Blue Crane.jpg Springbok etosha.jpg Dichistius capensis.JPG
die koningsprotea die geelhout die bloukraanvoël die springbok die galjoen
Protea cynaroides Podocarpus latifolius Grus paradisius Damaliscus pygarus Distichius capensis