Giuseppe Garibaldi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Giuseppe Garibaldi
Giuseppe Garibaldi

Giuseppe Garibaldi in 1866


Diktator van Sisilië
Ampstermyn
17 Mei 1860 – 4 November 1860

Lid van die Italiaanse Senaat
Ampstermyn
18 Februarie 1861 – 2 Junie 1882

Lid van die Franse Nasionale Vergadering
Ampstermyn
1871 – 1872

Persoonlike besonderhede
Geboorte (1807-07-22)22 Julie 1807
Nice, Frankryk[1]
Sterfte 2 Junie 1882 (op 74)
Caprera, Italië
Politieke party Jong Italië (1831–1848)
Aksieparty (1848–1867)
Historiese Linkerkant (1867–1877)
Uiterste Linkerkant (1877–1882)
Eggenoot/eggenote Anita Garibaldi (1842–1849; haar dood)
Giuseppina Raimondi (vir een dag)
Francesca Armosino
Kind(ers) ag kinders insluitende Ricciotti Garibaldi (1847–1924)
Religie Christendom (Deïsme[2])
Handtekening Appletons' Garibaldi Giuseppe signature.png

Militêre Diens
Lojaliteit
  • Flag of Colorado Party (Uruguay).svg Colorados
  • Bandera argentina unitaria de guerra.png Vryheidsparty
  • Flag of Piratini Republic.svg Riograndense Republiek
  • Vlag van Frankryk Frankryk
  • Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
  • Vlag van Frankryk Tweede Franse Republiek
  • Flag of the Roman Republic (19th century).svg Romeinse Republiek
  • Flag of the Kingdom of Sardinia (1848-1851).svg Koninkryk Sardinië
  • Flag of Italy (1860).svg Koninkryk van Italië
Diens/Tak
  • Flag of the Kingdom of Sardinia (1848-1851).svg Koninkryk Sardinië
  • Flag of Italy (1860).svg Koninkryk van Italië
Jare in diens 1835–1871
Rang Generaal
Eenheid Jagters van die Alpe
Oorloë/Veldslae
  • Ragamuffin-oorlog
  • Uruguaanse Burgeroorlog
    • Groot Beleg van Montevideo
    • Anglo-Franse blokkering van die Río de la Plata
    • Franse beleg van Rome
  • Tweede Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog
    • Ekspedisie van die Duisend
    • Slag van Aspromonte
    • Slag van Volturnus
    • Slag van Calatafimi
    • Slag van Bezzecca
    • Slag van Mentana
  • Kretaanse Rewolusie
  • Derde Italiaanse Onafhanklikheidsoorlog
  • Frans-Duitse Oorlog
Toekennings Ere Grootmeester van die Vrymesselaars in Italië, 1867[3][4]

Giuseppe Garibaldi (Nizza, 4 Julie 1807 – Caprera, 2 Junie 1882) was 'n Italiaanse generaal, politikus en nasionalis wat 'n belangrike rol gespeel het in die geskiedenis van Italië. Saam met Camillo Benso di Cavour, Victor Emanuel II van Italië en Giuseppe Mazzini word hy beskou as een van die Italiaanse "vaders van die vaderland".

Garibaldi het 'n sentrale rol gespeel tydens die Italiaanse eenwording, die Risorgimento waarin hy persoonlik geveg en leiding gee in militêre veldtogte wat uiteindelik tot 'n verenigde Italië gelei het. Hy was generaal tydens die tydelike regering in Milaan in die Revolusie Jaar 1848, generaal wat die Romeinse Republiek teen Franse leërs beskerm het (1849) en vanaf 1860 het Garibaldi met sy 1 089 Rooi hemde, tussen 11 en 70 jaar oud, geveg vir vryheid van Italië.

In sy tyd is hy ook 'Held van Twee Wêrelde' genoem as gevolg van sy militêre veldtogte in Suid-Amerika en Europa, 'n reputasie wat hy nie net in Italië gehad het nie, maar ook as gevolg van die opkoms van die internasionale media. Hy is bewonder deur sommige van die belangrikste intellektuele van sy tyd, soos Victor Hugo, Alexandre Dumas en George Sand.

Jeug

Garibaldi is in 1807 in Nice (Nizza) gebore as die seun van Giovanni Domenico Garibaldi en Maria Rosa Nicoletta Raimondo. Hy het gekom van 'n familie wat bekwaam geword het in die handel. In 1827 het hy Nice verlaat aan boord van die skip Cortese met die Swartsee as bestemming, maar die skip is deur Griekse seerowers deeglik geplunder het. Die reis is voortgesit en Garibaldi het siek geword. Hy het die skip in Konstantinopel verlaat en daar tot aan die einde van 1832 gebly. Hy het hom in die Italiaanse gemeenskap in die stad geïntegreer en het 'n lewe verdien deur Italiaans, Frans en Wiskunde te onderrig. In 1833 het hy na Taganrog in Rusland gereis.

Jong Italië

Nice was deur die Eerste Franse Republiek sedert 1792 beheer en is in 1815 teruggegee aan die koninkryk van Sardinië. As 'n beampte van die vloot Piëmont het Garibaldi in 1833 by die Giovane Italia, 'n nasionalistiese politieke beweging wat deur Giuseppe Mazzini gestig is, aangesluit. Hierdie beweging het gestreef na 'n verenigde Italiaanse republiek, demokrasie en wou die land van oorheersende vreemde heersers, soos Oostenryk, bevry. Op 11 Februarie 1834 het hierdie groep onder leiding van Mazzini in Genua in opstand gekom. Garibaldi het gedros om hierby aan te sluit. Die opstand het misluk en Garibaldi word tot die dood veroordeel.

Suid-Amerikaanse periode

Nadat hy tot die dood veroordeel is, het hy gevlug via Tunisië tot in Suid-Amerika, waar hy aktief was in die Ragamuffin-oorlog in Brasilië en as Uruguaanse generaal en admiraal in die Uruguaanse Burgeroorlog. In Brasilië ontmoet hy Anna Maria Ribeiro da Silva (Anita), wat sy geliefde geword het; hulle het vier kinders saam gehad, mekaar se lewens gedeel tot haar dood in 1848 en ook saam aan gevegte deelgeneem. In 1842 is hulle getroud (ten tye van hul ontmoeting was Anita nog steeds getroud met 'n ander man as gevolg van 'n gedwonge kinder-huwelik).

Terug na Italië

Ná die revolusiejaar 1848, wat ook nie die Italiaanse skiereiland onaangeraak het nie, het Garibaldi na sy vaderland teruggekeer om die stryd teen Oostenryk te lei. Ongelukkig het Piëmont vrede gesluit, terwyl Garibaldi begin het met guerrilla-oorlog in die Lago Maggiore gebied wat 'n meer in die grensgebied van Italië en Switserland is. Garibaldi het die vrede geïgnoreer en die oorlog op sy eie voortgesit. Sy leër word ontbind en hy het weer gevlug. Vir die tweede keer was hy persona non grata in Piëmont.

In 1849 het Garibaldi betrokke geraak in die Romeinse Republiek in Rome, 'n nuwe, revolusionêre staat wat gestaan het vir godsdienstige vryheid, die skeiding van kerk en staat en die afskaffing van die doodstraf. Franse troepe gelei deur die latere keiser Napoleon III het die opstand onderdruk en die sekulêre gesag van Pous Pius IX oor die kerklike staat herstel. Die berigte oor sy toevlug met sy manskappe na die neutrale San Marino in die buitelandse pers het hom 'n internasionale held gemaak. Anita het tydens die vlug aan malaria gesterf, terwyl albei deur Oostenrykse troepe agtervolg is.

Piëmont het nie Garibaldi na sy revolusionêre avonture toegelaat nie en hy moes in ballingskap gaan. Hy het via Tangier na die Verenigde State en daarna Peru gegaan en vir 'n rukkie as handelaar gewerk. Nadat hy deur premier Cavour van Piedmont begenadig is, het hy hom in 1854 op Caprera naby Sardinië gevestig, waar hy grond kon koop.

Vanaf 1860 het Garibaldi geveg vir die vryheid van Italië met 1089 Rooi hemde, tussen 11 en 70 jaar oud. Deur die verowering van Sisilië, Kalabrië en uiteindelik Napels het hy die koninkryk van die twee Sisiliës tot 'n val. Garibaldi oorhandig die mag aan Vittorio Emanuele, wat die eerste koning van Italië geword het. Die Kerklike Staat het baie grond verloor, sodat dit nie meer die Italiaanse skiereiland in twee verdeel het nie. Lombardië-Venesië is in 1866 verower. Na 'n onsuksesvolle poging wat in 1867 in die Slag van Mentana geëindig het, moes die inname van Rome tot 1870 wag. Die Franse-Duitse oorlog het die Franse troepe wegeroep, waarna die Switserse Wagte en die sogenaamde Zuavi Pontifici (Pouslike infantrie-eenhede) met 13 157 mans nie meer weerstand kon bied bied teen 50 000 Italianers nie.

Rome word hoofstad van Italië en die pouse het hul sekulêre mag verloor. 'n Konflik het ontstaan tussen die pouse en konings, wat eers geëindig het met die bekragtiging van die Lateran-verdrag tussen die Heilige Stoel en die Italiaanse regering onder die fascistiese diktator Benito Mussolini in 1929.

Latere jare

Giuseppe Garibaldi het 'n parlementslid geword en is in 1882 in Caprera dood, een maand voor sy 75ste verjaardag.

Nalatenskap

Ter herinnering aan Giuseppe Garibaldi is 'n groot aantal paaie en pleine na hom vernoem. Daar is talle gedenktekens is vir hom opgerig, veral in Italië.

Strate, pleine en brûe genoem na Garibaldi

  • Boulevard Garibaldi, 'n boulevard in Parys
  • Place Garibaldi, 'n neoklassieke plein in Nice, gebou in 1780 en reeds in 1870 herbenoem na die bekendste seun van die stad. In 1891 is 'n monument ter ere van Garibaldi opgerig.
  • Lungolago Garibaldi, boulevard aan die Gardameer
  • Ponte Garibaldi, 'n brug oor die Tiber-rivier in Rome
  • Via Garibaldi, 'n straat in Genua
  • Corso Giuseppe Garibaldi, 'n belangrike straat in Napels
  • Garibaldi straat, 'n straat in Saint-Gilles in België

Monumente

  • Garibaldi-monument (Buenos Aires), 'n monument in Buenos Aires
  • Garibaldi-monument (New York) is 'n beeld in Washington Square Park in New York
  • Garibaldi-monument (Rome), 'n monument in Rome
  • Monument van Garibaldi (San Marino), 'n monument in San Marino
  • Monument Garibaldi (Napels), 'n monument in Napels

Verwysings

  1. (en) Giuseppe Garibaldi”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 22 Mei 2018.
  2. (it) "Come è noto Garibaldi maturò un forte anticlericalismo, per quanto non fosse ateo, ma anzi profondamente religioso e, una volta iniziato alla massoneria, 'appassionatamente credente nel suo Ente deistico in Garibaldi: cultura e ideali Atti del LXIII congresso di storia del Risorgimento italiano (a cura di Stefania Bonanni). Roma, Istituto per la storia del Risorgimento italiano, 2008, bl. 511
  3. (en) Garibaldi – the mason
  4. (en) http://freemasonry.bcy.ca/biography/garibaldi_g/garibaldi.html "Garibaldi — the mason". Grand Lodge of British Columbia and Yukon A.F. & A. M., 2003.

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal van die Nederlandse Wikipedia

Eksterne skakels